
AGS Dinamika Preke
Preke van AGS Dinamika
Episodes
Reading the feed…

Preke van AGS Dinamika
Reading the feed…
Ons mag nooit toelaat dat ons verhouding met die Here stagneer nie. Die Here het ons geroep om Hom met passie en energie te dien. Daar moet altyd vordering en groei wees.
Ons het 'n keuse: wees tevrede met 'n gemiddelde lewe of kies die lewe in oorvloed. Die Here berei ons voor en dan kom die toets en daarna die deurbraak en die groei. Skryf jou toets en moenie dat vrees jou ontneem van jou volle potensiaal nie. Daar is meer, die Here beplan vir jou 'n A in hierdie lewe!
Waar God MY Ontmoet… Dis soms nie waar ons verwag nie, maar die Here sien ons en Hy ontmoet ons net daar waar ons is.
Ons beleef soveel kere in die lewe dat ons al verder moes gewees het, meer gegroei het. Soms voel dit of dit die een ding na die ander gebeur, soos ? muur waar deur jy nie kan kom nie. Ons dien ? God wat mure kan breek en ons help om te groei en te word waarvoor Hy ons gemaak het.
Jy het werk op aarde wat net jy vir die Here kan doen. Dawid moes oorlog maak, Salomo moes tempel bou en jy? Ons word soms moeg, ons verstaan nie altyd die Here se plan nie, maar Dawid se boodskap aan sy seun Salomo is vandag ook die Here se boodskap aan Sy seuns en dogters: Wees sterk en doen die werk! Dis altyd die moeite werd om vir Jesus JA te sê!
Ons as mens is so goed met verskonings, hoekom ons sekere dinge NIE kan doen nie. Ons gaan moet leer om die regte goed te glo oor wie die Here vir ons sê ons is.
Die Here vra jou ‘n vraag... Hy nooi jou na ‘n beter toekoms!
Ons almal maak droog, sommige meer as ander. Alle mense misluk en stel andere teleur. Maar wat as ons God teleurstel? Sy genade is groter as wat ons dink!
Van buite af kan alles so mooi en goed lyk, tog het ons almal se lewens 'n MAAR. Daardie een dink wat jy nie vir jouself kan doen nie en waarvoor jy die Here nodig het. Ons soek uiterlike wonderwerke, maar die grootste wonderwerk is wat in ons harte gebeur. Die Here soek nederige en gehoorsame harte.
Waarvoor gaan jy onthou word? Wat gaan ons nalaat in mense om ons se lewens? Dit is nie so moeilik as wat ons dink nie.
Die Here wil jou gebruik! Hoe? Hoekom? Kom ons word meer in gestem sodat ons lewens eer aan God kan bring
Ons lewe in ? wêreld waar ons sukkel om alles te glo. Wat is die waarheid? Wat is kunsmatig? Is daar ooit nog iets wat eg is? Ons het ? verantwoordelikheid as kinders van die Here in hierdie tyd.
Die Heilige Gees is ons Trooster en Helper, maar wat beteken dit? Wat was die effek van die Heilige Gees op die vroeë kerk in Handelinge en watter effek het die Heilige Gees op jou lewe in 2026? Laat Hom toe om jou knikkende knieë weer sterk te maak
LEEG is soms ? gevoel wat elke mens beleef. Daar is ? rede hoekom en die Heilige Gees se koms het ons kom leer HOE om weer vol te voel
Almal van ons gaan deur tye waar ons moet WAG… Wat gebeur met ons in die WAG tye? Mag ons nie mis wat God vir ons mis opdat ons te gou ophou soek nie
Soms onderskat ons die belangrikheid van Hemelvaart. Hierdie gebeurtenis leer ons om meer rustig te lewe
Jou woorde en jou invloed op mense se lewens kan soet wees soos heuning of suur soos asyn. Jou invloed kan generasies raak. Ons almal sukkel soms met hierdie tong wat vloek en seën. Kies die lewe!
Ons as mens is geskep om in verhouding met mense te staan. Elke mens pas êrens in, maar ons het ook ? verantwoordelikheid teenoor andere soos Jesus ons kom leer het.
Waar daar mense is, is daar konflik. Hoe hanteer 'n kind van God konflik? Ons vrede begin by Jesus. Moenie toelaat dat mense en hulle dinge jou vrede steel nie. Die lewe is te kort om tyd te mors met konflik en baklei. Jaag die vrede na met God, in jouself en ook met die mense om jou.
Jesus was ‘n mens net soos ek en jy, gevoel wat ons voel. Hy het ook beleef wat ons beleef... en daarom kan ons met Hom ‘relate’. Die groter waarheid, Sy oorwinning is ‘n realiteit, al beleef ons dit nog nie in ons situasies nie.
Jesus se Opstanding was nie die einde nie, dit was slegs die begin vir ons as Sy kinders en Sy Kerk. Ons moet net aangaan waar Hy opgestaan uit die dood en ons alles gee vir Sy saak.
Jesus verskyn 5 keer aan verskillende mense gedurende Opstanding Sondag. Daar is 'n doel met elke verskyning, want God beplan alles in detail. Jesus leef en is in die detail van jou lewe betrokke.
Wat is die rede vir so baie bloed op Goeie Vrydag? Hoekom was die kruis so wreed? Die antwoord begin in Genesis.
Op Palm Sondag skree die mense: Hosanna en lê hulle mantels voor Jesus neer. Die toets kom egter op Vrydag as die kruis gedra word. So baie mense se aanbidding sterf êrens tussen Sondag en Vrydag. Die palms in my hand en die kruis in my hart moet dieselfde lied sing. Dit is dieselfde Jesus wat op die donkie gery het, aan die kruis gehang het en die dood oorwin het, Hy verdien altyd ons aanbidding.
Die Here roep elkeen van ons om saam met Hom te bou. Ons het ? keuse van materiaal, maar ons moet mooi en reg kies. Jesus gaan kom inspeksie doen oor hoe ons bou.